Elandsbaai en Leipoldtville United stamp koppe

Leipoldtville United het op Saterdag, 23 Maart na Elandsbaai gereis om hul in ‘n vriendskaplike wedstryd die stryd aan te sê.

Die twee spanne het koppe gestamp en op die veld baklei. Die afrigters en skeidsregters het die wedstryd gestop met 10-11, in Leipoldtville se guns, op die telbord.

Geen rede is verskaf oor wat juis dié dag verkeerd gegaan het met die twee spanne se sportmanskap nie, maar teleurgestelde ondersteuners hoop dat hulle kan uitsien na goeie rugby van dié twee spanne in die toekoms.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

20 + eleven =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?