Eerste span van Augsburg besoek Breederivier Vallei

Van 15 tot 18 Maart het agt leerders aan Augsburg die Breederivier Vallei gedurende hul netbaltoer besoek. Die eerste span dames het nuwe vriendskappe gemaak terwyl hul fiksheid en voorbereiding vir die jaar getoets is.

Dit was ’n baie leersame toer vir die jong passievolle dames wat hul lank sal bybly. Dié jong dames is baie passievol oor hul netbal – dit is duidelik as jy hul op die baan sien. Die vooruitsigte vir vanjaar se eerste span lyk baie goed.

Die eerstespan se uitslae van die toer is as volg: 33-14 vir Augsburg teen Hoërskool Goudini, 24-23 vir Augsburg teen Hoërskool Montana, 13-23 vir Hoërskool Robertson teen Augsburg en 22-30 vir Hoërskool Worcester Gimnasium teen Augsburg.

Die trotse Augsies sien baie uit na die jaar wat vir hulle voorlê!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

4 × five =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?