Dominee Tienie, nuwe drama wat kykers na teaters lok

Dominee Tienie gaan oor ’n dominee wat gekonfronteer word met die skerp daling van gemeentelede in sy kerk, waar hy al vir die afgelope 16 jaar predikant is. Hy moet leer om aan te pas in die moderne tyd, maar kan hy dit regkry sonder om die mens wat hy is, te verander? Tienie sukkel om die rol van predikante in vandag se samelewing te verstaan. In die proses om homself te herontdek, maak hy vrede met al die veranderinge wat rondom hom plaasvind.  

Frank Opperman vertolk die rol van Dominee Tienie en het ook hierdie karakter gespeel in die verhoogproduksie, Die Klaagliedere van Dominee Tienie. Die toneelstuk is later deur Sallas de Jager verwerk in ’n filmdraaiboek en het ook die regie behartig. De Jager is bekend vir films soos Musiek Vir Die Agtergrond, Verraaiers en Jonathan.

Met veteraan-akteurs soos Henrietta Gryffenberg, Annette Engelbrecht, Deon Lotz en Regardt van den Bergh, sorg dié film vir groot vermaak en opwinding. Dominee Tienie wys steeds by verskeie teaters landwyd. Hierdie is beslis ’n film wat jy op die grootskerm moet beleef.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

two × five =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?