Dienslewering op Clanwilliam

Die Cederberg Munisipaliteit het onlangs ’n hele paar goedjies gedoen op Clanwilliam. Buiten die daaglikse skoonmaak van strate en oop ruimtes, het hulle onlangs ook aandag gegee om indringerbome af te saag. Die ingang van die dorp is verfraai en slaggate in Graafwaterweg, Hoofstraat en Ou Kaapse weg is herstel.

Met die watertekort in ons streek is daar ook aandag gegee aan die herstel van lekkasies en verstoppings by die leivoor. Waterpype by Fosterstraat en by die munisipale hoofkantoor is vervang en waterlekkasies en stopkrane is herstel. Watermeters en stopkrane is ook vervang waar nodig.

Die beskadigde padoppervlak by Christel waters, Clanwilliam Hills, Buitekantstraat en ’n deel van Ou Kaapse weg is ook geteer. En dan is daar buite die dorp ook aandag gegee aan die pad by die Algeria-skool. Daar is hard gewerk om die pad op te gradeer en dit lyk nou sommer baie beter.

Spaar water! Elke druppel tel! Gebruik slegs 50L water per persoon per dag! Alle waterlekkasies en watervermorsing kan aangemeld word by die munisipale kantoor by 027 482 8000.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

16 − 2 =

©2018 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?