Die waarde van Rooibostee vir atlete

Rooibostee hou ’n reeks voordele vir atlete in omdat dit ryk is aan minerale soos magnesium, sink en kalsium. Dit is ook ’n natuurlike antioksidant. Atlete kan Rooibostee voor, na en gedurende wedlope drink om optimale prestasie aan te moedig.

Die antioksidante in Rooibostee help om sirkulasie te verbeter en beveg infeksie. Sodoende kan dit atlete help om beskadigde spierweefsel tydens oefening te herstel. Wetenskaplikes en ander voedselkenners meen dat antioksidante verkry uit natuurlike bronne soos plante, baie meer voordelig is as die sintetiese weergawe wat in verpakte kosprodukte aangetref word.

Die hoe vlakke van sink en magnesium in Rooibostee help weer met die produksie van testosteroon. Testosteroonvlakke is belangrik vir atlete omdat dit uithouvermoë verbeter en ook help met die liggaam se herstelproses na afloop van oefening.

Rooibostee is ook goed vir atlete omdat dit help om elektroliete in hul liggame te vervang. Omdat Rooibostee geen kaffeïne bevat nie, kan mens ook baie daarvan drink sonder enige ongemaklike newe-effekte wat verwag kan word met die drink van koffie of sekere energiedrankies.

Rooibos Beperk verkoop natuurlik Rooibostee, maar hulle verskaf ook produkte soos onder meer ystee, kosmetiese produkte en gegeurde Rooibostee. Plaaslike verbruikers kan gerus vandag nog van hierdie produkte probeer. Dit bevorder nie net jou gesondheid nie, maar dit is ook ’n heerlike drankie om enige tyd van die dag te drink.

Rooibos Beperk se produkte kan aanlyn gekoop word op hul webtuiste, www.rooibosltd.co.za. Volg hulle ook op Facebook (@RooibosLtd), Twitter (@RooibosLimited) en Instagram (@RooibosLimited) om al die nuutste nuus van hierdie maatskappy te sien.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fifteen − one =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?