Die voordeel van beleggings

Almal wil graag hulle finansiële sekerheid bevestig en hul rykdom bou. Een manier om dit te doen is deur geld te belê. Beleggings kan optree as voertuie wat beleggers se kapitaal na nuwe hoogtes neem.

Daar is verskeie redes waarom verbruikers juis op dié manier behoort te spaar. Dit is sinvol om deur middel van beleggings te spaar omdat die potensiaal van goeie rente daar is. Met ander woorde, verbruikers se kapitaal vermeerder meer as wat dit in ’n gewone spaarrekening sou.

Met beleggings is die kapitaal wat belê word gewoonlik vir ’n bepaalde termyn belê. Dus kan verbruikers dit nie gebruik nie en vermy hulle die risiko dat hulle langer sal neem om hul doelwitte te bereik.

Beleggings is ook nie iets wat net vir baie hoë inkomsteklas verbruikers beskore is nie. Beleggings is haalbaar vir enige persoon ongeag inkomste. Of daar nou baie of min kapitaal belê word, dit maak nie saak nie. Dit gaan eerder daaroor om geld eenkant te sit met die wete dat dit aangewend word om nog geld te genereer.

“Om die regte portefeulje te kies kan wel moeilik wees. Daar is baie riskante beleggings en onkundige verbruikers kan in daardie slaggate trap. Dit is dus belangrik om seker te maak dat verbruikers belê in effekte of bates wat pas by hulle unieke profiel,” meen Marlize Roux, finansiele adviseur en hoof van MMR Finansiële Dienste.

MMR se span het jare se ondervinding met beleggings en kan kliënte bystaan wat onseker is oor hoe om hul kapitaal te belê. Sodoende kan verbruikers weet dat hul kapitaal veilig is.

MMR is ’n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP 12017) op Vredendal. Die maatskappy bied ’n wye reeks finansiële dienste soos beleggingsopsies, versekering en hulp met die uitneem van huisverbande. Voornemende kliënte kan hul eerste konsultasie met die MMR-span gratis kry deur hulle te bel by 027 213 3043. Besoek ook hul webtuiste op www.makelaars.co.za.

Volg MMR op Facebook (@MMRFinDienste), Twitter (@DiensteMMR) en Instagram (@MMRFinDienste) om op datum te bly met die nuutste aanbiedings en dienste van hierdie makelaars.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

3 × five =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?