Die lekkerste broodpoedingresep

Broodpoeding is al jare lank ’n wenner en tog raak hierdie nagereg nooit vervelig of oudmodies nie! Die volgende resep verskil van die gewone broodpoeding deurdat dit met volkoringbrood gemaak word.


Benodighede :

3 ekstra groot eiers
150 g suiker
250 ml water
1 blik (410g) ingedampte melk
3 ml sout
10 ml vanieljegeursel
150 g (250ml) pitlose rosyne
4 snye bruinbrood of volkoringbrood, elk ongeveer 1 cm dik en korsies verwyder, in blokkies gesny
40 g (125ml) klapper
125 ml fyn appelkooskonfyt

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F). Smeer ’n oondvaste bak met margarien.

Klits die eiers en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die water, ingedampte melk, sout en vanieljegeursel by en klits goed.

Meng die rosyne, broodblokkies en klapper en skep in die voorbereide bak. Giet die eiermengsel oor en meng. Stip met klontjies appelkooskonfyt.

Bak 40-60 minute lank of tot gaar en goudbruin bo. Dien op saam met vla.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

16 − ten =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?