Delicious RVK verloor wonderlike speler

Chivonne Warren Oktober, beter bekend e as Wakkie onder sy vriend, is vroeg verlede week oorlede.

“Namens die bestuur, spelers, lede en toeskouers van Delicious Rugbyklub ons innige meegevoel (uitspreek) met die heengaan van Chivonne (Wakkie) Oktober. Dit is vir ons ‘n groot slag en ons sal hom baie mis. Sterkte met die reëlings en ons bid die troos en seën van die Here oor julle as familie.” Dit is die boodskap van Delicious RVK se voorsitter, mnr. Nicky Crosney.

Wakkie het in 2010 aangesluit by Delicious RVK en vleuel gespeel. Hy was sowat 8 jaar betrokke by die klub. Hy het die laaste twee seisoene agste man gespeel en sy wit kopskerm was kenmerkend regdeur sy loopbaan. Hy was ook werksaam by Rooibos Beperk op Clanwilliam.

Die roudiens vind op Woensdagaand, 16 Januarie, en die begrafnis vind plaas op Saterdag, 19 Januarie plaas.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

four × three =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?