Clanwilliam Veldblomskou hou openingsaand

Op Donderdag, 23 Augustus, vind die openingseremonie van die Clanwilliam Veldblomskou plaas.

Die hele gemeenskap word genooi om die aand om 18:00 na die Blomkerk te gaan waar die lint geknip sal word en jy vir ’n halfuur gratis die blomuitstallings kan bewonder. Alida Stone, voorsitter van die Clanwilliam Veldblomvereniging, nooi die hele gemeenskap na die opening, asook om die res van die skou tot Sondag 2 September in die Blomkerk te kom geniet.

Stel jy belang om ’n stalletjie te bespreek? Jy kan vir Alicia Erasmus bel of whatsapp by 079 497 8996 of bel die Clanwilliam Toerismekantoor by 027 482 2024. ’n Aansoekvorm sal dan aan voornemende stalletjiehouers gestuur word. Voorkeur sal gegee word aan stalletjiehouers wat kos of kunsvlyt verkoop. ’n Wit-olifanttafel met interessante vintage-artikels sal toegelaat word indien daar spasie is, maar ongelukkig sal geen tweedehandse klere of massavervaardigde items vir die markte tydens blomtyd oorweeg word nie.

Die Clanwilliam Veldblomverening sien baie uit daarna om jou en jou pragtige stalletjie met ope arms by vanjaar se Clanwilliam Veldblomskou te verwelkom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

four + ten =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?