Clanwilliam SuperSpar se rolbal-opedag

Clanwilliam-rolbalklub bied op Saterdag, 17 November die Clanwilliam SuperSpar ope dag aan.

Daar is slegs plek vir 56 spelers, so bespreek sommer vandag nog. Inskrywingsgelde is R60 per persoon wat ’n ligte middagete insluit en daar is ’n klomp pryse om te wen!

Almal word genooi om te kom deelneem, jy hoef nie ’n klublid te wees nie. Jou plek sal slegs verseker wees as jou inskrywingsgelde ontvang is. Inskrywings sluit op Dinsdag, 13 November. Daar word verkies dat dit kontant betaal word om bankkoste te bespaar.
Die dag sal afskop om 08:45 en daar sal 3 wedstryde van 14 skofte elk gespeel word.

Alle winste van die dag gaan aan De Vries Stander en sy gesin uitbetaal word. ’n Jaar (14 Nov ‘18) nadat De Vries Stander, ’n goeie vriend en medeklublid siek geword het, het die rolbalklub besluit om hierdie geborgde dag aan hom op te dra.
Hulle is ongelooflik dankbaar vir die fantastiese herstel na sy beroerte en dat hy reeds weer met tye saam met hulle kan speel. Hulle besef ook dat as broodwinner, hy nie tans kan sorg vir die gesin soos hy graag sou wou nie en daarom word die fondse aan hulle oorgedra om die finansiële las bietjie te verlig.

Kom deel gerus in hierdie dag van ondersteuning.

Enige navrae kan gerig word aan Nico Stander – wedstryd-organiseerder 027 482 2428 of 082 876 5554: nicostander@gmail.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

14 + 8 =

©2018 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?