Clanwilliam Sakekamer verken NetMar se nuwe vertrekke

Op Dinsdag, 3 Julie het die Clanwilliam Sakekamer ’n ledebesoek afgelê by Rooibos Tea House @ NetMar.

Sanet en Marietjie het die gaste met ’n teeproe verwelkom. Die teeproe het plaasgevind in die groter en nuwe teeproe-area wat hulle in Mei geopen het. Verskillende Rooibosteesoorte soos lemoen-sjokolade, sitrusgemmer en peperment is geproe met bloubessie-muffins en die wortelkoek.

Die lede kon ook Turkish Delight proe saam met Vintage Romance, ’n tee met rose, laventel en bosbessies. Hulle het die smaakontploffing met die proesessies verrassend gevind en vreeslik geniet. Nie almal het geweet daar is soveel geure om van te kies nie. Dit is beslis iets vir almal om te probeer.

Marietjie het ook meer vertel van die jaarlikse Nasionale Rooibos Dag en almal genooi om nou reeds planne te maak oor hoe hul besighede 16 Januarie volgende jaar gaan vier.

Hulle is ook tans besig met die beplanning van ’n Rooibos Fees, wat beplan word vir 30 Maart 2019! Meer inligting daaroor sal binnekort op sosiale media gedeel word of hou gerus die Rooibosinfohub-webblad dop vir meer inligting.

Die res van die aand is daar saamgekuier oor heerlike tuisgemaakte sop en brood en kon die lede die verskillende nuwe vertrekke binne NetMar verken, van materiaal en wol tot serpe, juwele en geskenke. Die nuwe binne-area het ook die oog gevang. Hierdie was weereens ’n lekker saamkuier-geleentheid en is dit telkens lekker om nuwe mense te ontmoet en bietjie op hoogte te kom van sakenuus op Clanwilliam.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

five × 4 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?