Clanwilliam Sakekamer hou jaarvergadering

Die sakekamer bevorder voordelige ekonomiese beleid en streef daarna om behulpsaam te wees in werksaamhede wat hul sakeondernemings raak – met die voorbehoud dat die sakekamer nie sal deelneem aan die handel en nywerheid van sy bedieningsgebied nie.

By die onlangse algemene jaarvergadering van die Clanwilliam Sakekamer is die volgende persone gekies vir 2019 se bestuur. Hulle is: Ilse Lochner, voorsitter, Gerda de Wet, ondervoorsitter, Peet Viljoen, sekretaris, en Heinie Strassberger, tesourier. Die bykomende lede is verantwoordelik vir die kommunikasie, artikels en nuusbriewe – hulle is Louise Nortje, Ria Slabbert (ledevergaderings), Surina Ferreira (ledebesoeke), Jacques Kotze (opleiding) en Heinrich Strassberger (GPF).

Die gekoöpteerde lede bestaan uit Nigel Mercuur (munisipale skakeling, toerisme, entrepreneurs en kleinsake), Jakkie Muller (wyskomitee), Joppie Amon (wyskomitee) en Bruce Newat (opkomende entrepreneurs en herwinning).

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

four × 4 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?