Clanwilliam Sakekamer hou jaareindfunksie

Die jaarafsluiting van die Clanwilliam Sakekamer vind plaas op Dinsdag, 27 November.

Ten einde die  “Onderneming van die Jaar”-toekenning te kan maak, wil die Clanwilliam Sakekamer almal nooi om nominasies in te gee. ‘n Nominasievorm, wat te kry is by strassberger@lando.co.za, moet ingevul word en teruggestuur word aan gerda@rooiboslimited.co.za voor of op Woensdag, 21 November.

Let asseblief daarop dat slegs besighede wat Sakekamerlede is in aanmerking kom vir die toekenning. ‘n Lys van hierdie besighede kan ook aangevra word by die bostaande e-posadres.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

13 − ten =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?