Clanwilliam-gholfklub bied eerste Agrimark-borgdag aan

Op Saterdag, 3 Maart het Clanwilliam se gholfklub die eerste Clanwilliam Agrimark-borgdag aangebied. Die formaat was American Scramble en 52 spelers het reeds om 09:00 afgeslaan.

Goeie gholf is gespeel op ’n gholfbaan wat weer in ’n uitstekende toestand is. Dít is te danke aan die banekomitee. Na die gholf het die manne lekker saam gekuier en die verrigtinge is afgesluit met ’n braai wat deur Stefan Geldenhuys en die Clanwilliam Agrimark-span behartig is.

Die bestuur wil graag van die geleentheid gebruik maak om waardering uit te spreek teenoor Jaco Louw, Agrimark Clanwilliam en alle borge.

Die uitslae was as volg: American Scramble:

1. D. Heyn, J. Pheiffer, C Swartz en J. Mouton    
2. M. Botha, T. Kruger, J. Cooper en D. Mouton
3. J. Basson, R van Rensburg, M. Klaas en J. Groenewald
4. W. Visagie, P. Raad, E.Strydom en E. Hendricks

Verste dryf op no. 6: H. Bester
Naaste aan die pen op no. 9: H. Bester
Naaste aan pen op no. 18: D. Mouton
Verste set op no. 6: R. van den Heever
Dames verste set op no. 6: R. Schreuder

Die volgende borgdag is die Erasmus en Vennote-borgdag op Saterdag 23 Maart 2019. Kontak gerus vir Johann Groenewald op 083 454 3754 vir inskrywings en meer inligting.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

6 + seventeen =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?