Clanwilliam Expo om die draai

Clanwilliam Expo word weer vanjaar van 10 tot 13 aangebied en dit sal die 88ste bestaansjaar wees van die skou. Die expo beloof om iets vir elk te bied. Of jy nou 8 of 88 is, ’n perde-liefhebber, wolklasser, uitstaller of besoeker is, ons verwelkom jou graag by 2019 se Clanwilliam Expo.

Die perde-afdeling sal sekerlik weer sorg vir hoogtepunte. Die streek-jeugskou mag niemand misloop nie – kom ondersteun en moedig die jongspan aan. Heelwat interessante stalletjies kan ook besoek word.

Die kosliefhebber durf nie die potjiekos-kompetisie misloop nie. Aan verblyf is daar op Clanwilliam nie ’n tekort nie. Van luukse verblyf tot kampeerplekke is beskikbaar. U is ook welkom om op die skouterrein te kampeer.

Clanwilliam bied aan die toeris of vakansieganger ’n paradys van geleenthede – vele asemrowende natuurplekke met eindelose stiltes om te besoek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

2 × 3 =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?