Citrusdal-sitrusboerdery bied vooruitsig vir 2019

ALG Boerdery is een van die grootste privaat sitrusprodusente in die land en ’n maatskappy wat in 2010 met ’n SA Landbouskrywer-toekenning bekroon is. Hulle produseer sitrus vir twaalf maande van die jaar. Dít is te danke aan die kweek en aanplanting van nuwe kultivars wat die maatskappy in staat stel om heeljaar vrugte te kan voorsien.

Dié boerdery bestaan uit verskeie maatskappye naamlik ALG Marketing (wat die verkoop en bemarking van ALG en ander produsente se produkte hanteer), ALG Juices en Cedar Citrus (hul BEE projek wat in 1998 met die plaaswerkers gestig is) en goeie groei toon.

Daar is tans ’n oorproduksie van sitrus oorsee en die probbleem het ontstaan as gevolg van baie nuwe aanplantings in lande soos Egipte, Marokko, Spanje en Turkye. Wat produkte betref, oorvleuel die varieteite in sommige lande as gevolg van vroeër sitrusvariteite in die Noordelike halfrond en later sitrusvariteite in die Suidelike halfrond.

In Spanje, die Valencia-gebied is daar so ’n oorproduksie dat daar nie ’n mark vir al die vrugte is nie. Daar los die boere eenvoudig die lemoene aan die bome. Sommige verpakkingsaanlegte het in middel van die seisoen stilgestaan omdat daar nie kopers was nie. Spanje het die jaar een van sy grootste oeste in se jaar beleef. In Egipte is daar ’n baie groot toename in produksie en Amerika het die jaar die grootste oes van die afgelope twaalf jaar.

Die groot toename in produksie is, kan toegeskryf word aan die feit dat die lande nie die afgelope seisoen enige rampe, droogte, oorstromings of vries gehad het nie. Dit het tot gevolg gehad dat al die produksie-gebiede teen volle potensiaal kon verbei, vrugte langer aan bome kon laat hang en langer kan stoor.

Suid-Afrika het ’n groot toename in Valencia’s, Mandaryne en suurlemoene. AGL Marketing voer sowat 90% van hul vrugte uit na oorsee en besoek hul minste 3 keer per jaar. ALG voorsien reeds vir die afgelope 20 jaar aan die oorsese supermarkte wat hul op hoogte hou van hul behoeftes en verbruikerstendense.

Alle aanplantings op die plaas word op aanbeveling van oorsese aankopers en supermakte gedoen, daarom voorsien ALG nie dat die wêreldwye oorproduksie ’n groot risiko inhou nie. Daar word gewaarsku dat hoewel daar goeie geleenthede in die sitrusbedryf is , moet nuwe toetreders met ’n plan aanplant, wat verbruikers asook wêreldwye aanplantingtendense in ag neem.

’n Groot persentasie van ALG se produkte word ook aan die plaaslike supermarkgroep Woolworths voorsien. “Ons lewer elke dag vars produkte by Woolworths se Wes-Kaap depo’s af en in die winter ook in die res van die land,” sê Hendrik Warnich, bemarkingsbestuurder, van ALG Marketing.

ALG Juices, wat by ons verpakkingsaanlegte gebaseer is, verwerk al ons sitrus wat nie aan die eskertne bemarkingshalte voldoen nie. Die olie uit die skil word gebruik deur kopers vir skoonmaakmiddels, geurmiddels en voedselprodukte. Die sap word verkoop as vars en konsentraat vir uitvoer. Skille word as kuilvoer deur melkboere gebruik.

AlG is vernoem na die drie van der Merwe-broers All, Lieben en Gerrit wat die bedryf by hul pa, Gert, wat dit in 1974 gestig het, oorgeneem het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

6 + fifteen =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?