Citrusdal meet kragte teen Majestics

Die Majestics het onlangs, op Saterdag 23 Maart, van die Paarl af gereis na Citrusdal se Oranjeville-sportgronde om die stryd aan te durf teen Citrusdal se rugbyspan.

Dit was ’n aksiebelaaide belaaide wedstryd met Majestics wat die laaste drie gedruk het om dié wedstryd met 14-15  te wen.

DJ Sammy het die ondersteuners vermaak en die dag is op ’n hoogtepunt afgesluit.

Dankie aan elke organiseerder wat dié dag vir die twee spanne moontlik gemaak het. Groot waardering word ook uitgespreek vir al die lojale ondersteuners wat langs die veld is. Moenie Citrusdal se volgende wedstryd teen Delicious, van Clanwiiliam,  misloop nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

15 − 11 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?