Christelike Privaatskool Leipoldtville neem deel aan kuns-eisteddfodkompetisies

Vir die eerste keer dié jaar het CPL se leerders die geleentheid gehad om ook deel te neem aan drie afsonderlike kuns-eisteddfodkompetisies.

Die leerders het pragtige werke ingestuur wat hulle onder leiding van hul baie talentvolle juffrou, Marina van Schalkwyk gemaak het. Twee van haar kunsstudente – Marguerite Louw in gr. 2 en Karli van Zyl in gr. 1 – het ook elkeen weggestap met ’n kuns-eisteddfodtoekenning.

Marguerite Louw se prent wat by die Klawer Kunste was, is deurgestuur na die distrik se finale uitstalling. Daar het sy weggestap met die beste gr. 2-prent. Karli spog weer met die beste gr. 1-prent by die Tygerberg kuns-eisteddfod.

CPL is werklik trots op al hul kinders wat so puik presteer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fourteen + six =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?