Cederberg-omgewing droom vir bergfietsryers

Die Cederberge en omliggende omgewing is enige bergfietsryer se droom. Bergfietsryers kan nie net die interessante 300 km hoeke en draaie van die openbare paaie geniet nie, maar kan ook uit roetes op ’n verskeidenheid private plase in die area kies om met hul bergfietsvaardighede te spog.

Die Clanwilliam Sakekamer het ’n brosjure gepubliseer met ses bergfietsroetes met afstande wat wissel van 73 km en 242 km. Die brosjure kan afgehaal word by die Clanwilliam-toeristekantoor asook by die gastehuise en ondernemings in die omgewing.

Die private plase het hul eie roetes waar bergfietsryers ’n toegangsfooi moet betaal om die roetes te geniet. Vir meer inligting, besoek die webwerf: https://www.cederberg.co.za/activities/mountain-biking

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

18 − eighteen =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?