Beurtkrag kan nog geruime tydjie aanhou

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het via Twitter beklemtoon dat die huidige beurtkrag nie weens steenkooltekorte is nie, maar oor lae dieselvoorraad, lae damvlakke by sy pompopgaarskemas en eenhede by steenkoolkragstasies wat breek.

MyMatzikama sal elke oggend die tye op ons Facebook-blad aanbring om inwoners van Matzikama asook Cederberg op hoogte te hou van die dag se beplande beurtkrag. Dit sal ook opgedateer word sodra nuwe inligting beskikbaar raak.

Vir diegene wat in besit is van ’n slimphone, word dit aanbeveel om die EskomSePush-app af te laai. Dit is ’n baie akkurate app wat jou in kennis stel van die fase wat toegepas word asook die tye wat dit jou sal raak. Jy kan meer as een dorp intik indien jy dalk beplan om weg te breek en in die vakansie steeds op hoogte te bly van beplande beurtkrag waar ook al jy gaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

twelve − two =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?