Betjies eindig in top 3 by Rieldans-finale

Op Saterdag, 8 Desember, het die ATKV Rieldans-kompetisie by die Taalmonument in die Paarl plaasgevind.

Die volgende groepe is aangewys as wenners in hul onderskeie kategoriee:

In die o.14 afdeling het Prins Albert Vastrappers die eerste plek gevat met die Griekwa Rieldansers op die tweede plek en GB Batt Stofskoppers in die derde plek.

Brandvlei Stofskoppers het eerste plek ontvang in die o.20 afdeling. Prince Albert Vastrappers 2 het ‘n tweede plek verower in hierdie kategorie met net agter hulle die Griekwa Knersvlakte Rieldansers in derde plek.

In die senior afdeling is die algehele wenner deur die Boesmanland Bitterbessies huis toe gevat. Griekwa Ratelgat Rieldansers het tweede gekom en ons eie Betjies Rooirots Rieldansers van Clanwilliam het met ’n derde plek huiswaarts gekeer.

Daar is ook verskeie ander toekennings uitgedeel waarby Buvin Eiman van die Betjies Rooirots Rieldansers as beste danser aangewys is in die senior manskategorie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 × three =

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?