Bergfietsuitdaging in die Cederberg-streek

Die Cederberg 100 Miler-bergfietsuitdaging word vanjaar oor die naweek van 6 en 7 April gehou en dis beslis ’n geleentheid wat fietsryliefhebbers nie kan misloop nie.

Hierdie jaarlikse uitdaging is een van Suid-Afrika se asemrowendste 100 Miler-geleenthede. Dit bied bergfietsryers die geleentheid om in die skilderagtige skoonheid van die Cederberg-streek te ry. Die wedren, wat elke jaar by die Yellow Aloe Gastehuis op Clanwilliam begin, se gewildheid groei jaarliks met meer en meer deelnemers. Wat begin het as ’n eendag-geleentheid, strek nou reeds oor twee dae.

Die fietsryers trek op 6 April om 07:00 by die gastehuis weg en daar word beraam dat die “trek” die volgende dag om 18:30 sal klaarmaak. Ons wens elke bergfietsryer sterkte toe en dat hulle elke oomblik in die ongerepte natuur sal geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

sixteen − 4 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?