Baie aktiwiteite vir Augsburg Landbougimnasium-leerders dié kwartaal

Hier volg Augsburg Landbougimnasium se kwartaal program:

Na skole die afgelope week heropen het, het dit ook met ‘n oueraand afgeskop. Op Donderdag 4 April vind Trots Augsburg-inspeksiedag en Mnr. en Mej. Augsburg plaas.

Op 5 April is dit sportgronde toe met die Weskus-Noord netbalproewe vir die o.14- en o. 15-spanne. Op 6 April is dit die NWB-rugbydag, Weskus-Noord se netbalproewe vir die o.16-, o.17- en o.18-spanne en die LS Gericke-sportsdag.

Op Maandag 8 April is dit die Trots Augsburg-inspeksie opvolgsessie en op 10 April hou almal makietie by die Clanwilliam-skou.

Op 11 April gaan die Clanwilliam-skou voort, die hoërskool hou sokkie en en op 12 en 13 April kuier hulle verder by die Clanwilliam-skou.

Hier volg die res van die kwartaal se aktiwiteite:

18 April FNB Classic Clashes; 19 April Goeie Vrydag en Landboudal-naweek; 20 April Landboudal-naweek; 21 April Burger-strandhuis begin; 22 April Vakansiedag; 26 April Burgerstrandhuis eindig, uitnaweek, SA Skaapseer in Bloemfontein en Olifantsvallei Eistefod; 27 April Vryheidsdag, SA Skaapskeer in Bloemfontein.

1 Mei Wekersdag, Weskus netbalproew,e VRL uitreik; 4 Mei Sportdag by Dirkie Uys; 9 Mei “Chalk for change”; 11 Mei Sportdag by Porterville; 16 Mei LS Modeparade, HS alle nie-eksamen toetse stop; 18 Mei Sportsdag by Lutzville; 21 Mei eksamen begin, Toneelstuk; 23 Mei alle nie-eksamen toetse stop; 24 Mei is dit die Weskus Topskole; 27 Mei LS eksamen begin.

1 Junie Weskus Topskole in Kaapstad; 5 Junie Circuit Pubic Speaking; 7 Junie vakverandering vir Graad 10-leerders sluit; 10 Junie eksamen eindig; 11 Junie HS Sokkie, draadspankursus graad 9-leerders, boerbokkursus vir graad 10-leerders, LWO-kursus graad 12-leerders; 12 Junie draadspankursus vir graad 9’s, boerbokkursus graad 10-leerders en LWO-kursus graad 12-leerders; 13 Junie draadspankursus vir graad 9-leerders, boerbokkursus vir graad 10-leerders en vir die graad 12-leerders is dit LWO-kursus, netbal op Hopefield; 14 Junie skole sluit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 × four =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?