Augsburg WP Jeugskou

Augsburg het op 20 en 21 Maart aan die Wes-Kaapse Jeugskou-toernooi op George se skougronde deelgeneem. Die Augsburg-konfooi het die langpad reeds om 05:00 aangedurf, met ’n vol groot bus wat selfs skouhoendertjies moes vervoer! Talle ouers en spesiale vervoer vir al die jeugskou-diere het gesorg vir ’n pragtige plaasprentjie terwyl Augsburg met hul jeugskou op toer was.

Die leerders het Dinsdagmiddag geregistreer, teoretiese eksamens geskryf en later die aand ook ’n heerlike sokkie gehou om bietjie litte los te maak. Min het hulle geweet dat hulle op die Woensdag die afdelings was, voorbereiding en selfs die skouman by sommige klasse in gietende reën moes doen.

Augsburg moes op provinsiale vlak meeding met skole van George, Malmesbury, Moorreesburg (Dirkie Uys), Prins Alfred Hamlet (Laerskool F.D. Conradie), Riversdal (Oakdale) en die Paarl (Boland Landbouskool). Talle ander skole het ongelukkig nie vir die provinsiale toernooi gekwalifiseer nie.

Die reën het Augsburg nie afgeskrik nie en hulle het gespog met talle prestasies en was onder meer die skool wat die meeste plasings by skouman ontvang het en provinsiale kleure by George verower het. Altesame 23 leerders van Augsburg het gekwalifiseer vir provinsiale kleure in verskeie afdelings en ouderdomsgroepe in die Jeugskou. Die Nasionale Jeugskou-toernooi vind later vanjaar weer op George plaas. Hier sal die Wes-Kaapse span teen al die ander provinsies moet meeding.

Augsburg hou duimvas vir die Wes-Kaapse jeugskou leerders met hul voorbereiding tot dan. Mag die Namakwaland en die Sederberge teen daardie tyd ook geseënd wees met reën en die bokke tussen die blomme baljaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

2 × 1 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?