Augsburg was by sesde Nowan Cornelius Sportfees in aksie

Augsburg Landbougimnasium, van Clanwilliam, het die afgelope vakansie na Hermanus gereis waar hulle o.15-rugbyspelers deelgeneem het aan die jaarlikse Nowan CorneliusSportfees.

Op Donderdag, 28 Maart, het die Augies-span teen Paarl Gimnasium kragte gemeet en is 20 – 33 oorwin.

Die Augies het op Saterdag, 30 Maart, weer met trots op die veld op die veld uitgedraf om ’n tawwe wedstryd teen Worcester Gimnasium te speel. Dié twee spanne is altwwe baie sterk, maar Augsburg het vinnig ’n plan beraam om Worcester Gimnasium ’n les te laat opsê – Augies stap as wenners met ’n puntetelling van 28-10 van die veld af.

Die leerders het hul vreeslik geniet by die toernooi in Hermanus en het ook baie geleer by ander skole se spelers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fourteen − 13 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?