Augsburg Skeerdienste maak geskiedenis

Verlede kwartaal was daar twee uitdunne vir skoliere-skaapskeerders in die Wes-Kaap gehou. Die een was buite Riviersonderend en die ander op Silwermyn-plaas buite Malmesbury. Nege gekwalifiseerde leerders van Augsburg Landbougimnasium het aan die uitdunne deelgeneem. Op Riviersonderend het Cobus (Oros) Nieuwoudt derde gekom en Jannie Smit eerste. Jannie het ook ’n kontantprys gewen vir gehalteskeer.

Op Silwermyn het Diaan Klue tweede gekom en Barend Lubbe eerste. Roberto Cloete het by hierdie uitdun die kontantprys ontvang vir die beste gehalte geskeer. Augsburg se skeerspan word tans as die beste skoliere-skeerspan in die Wes-Kaap beskou en moes selfs teen hardebaard Elsenburgstudente meeding om te kwalifiseer vir die Nasionale Skoliere Skaapskeer-kompetisie wat later in April plaasvind.

Diaan Klue, Barend Lubbe en Jannie Smit is opgeneem in die Wes-Kaapse skaapskeerspan. Barend het geskiedenis gemaak toe hy en OVK-klassers deelgeneem het en by Silwermyn se uitdunne eerste gekom in hierdie afdeling.

Augsburg se skeerspan oefen Woensdag-namiddae op Augsburg Plaas in die wolskuur. Hulle poog om hul tye en skeertegnieke te verbeter. Boere wat ’n paar skape wil bring om te skeer kan mnr. Joubert van der Merwe kontak by joubertvandermerwe@gmail.com. Die leerders skeer tans die skape gratis. Hulle wil net oefen. Tariewe sal later gehef word om vir die instandhouding van die masjiene te befonds.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

one + five =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?