Augsburg neem deel aan teesny-kompetisie

Gedurende Maart, in die middel van Rooibos-oestyd, het Olyfenboschkraal Landbouvereniging, in samewerking met Rooibos Route, ’n teesny kompetisie onder hul lede gehou.

Augsburg Landbougimnasium se Junior Landbouvereniging het hierdie geleentheid bygewoon. Olyfenboschkraal Landbouvereniging nooi altyd leerders van Augsburg na hul vergaderings om hulle aan georganiseerde landbou bloot te stel.

“Dis kosbaar om te sien dat daar sulke organisasies is wat hulle werklik beywer vir die bevordering van landbou, baklei vir landbou en selfs vir hulle plaaswerkers die erkenning en blootstelling gee,” het ’n verteenwordiger van Augsburg gesê.

’n Spesiale dank aan Olyfenboschkraal Landbouvereniging wat vir die leerders hierdie ervaring gebied het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

5 × 5 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?