Augsburg neem deel aan Swellendam-streekskou

Op Saterdag, 2 Maart het Augsburg Landbougimnasium se landbouers van die toekoms hul staal gaan wys by die Swellendam-streekskou.  

Hierdie seuns en dogters het al bewys harde werk werp vrugte af en hulle was trots om te skou met vleisskape, perde, hoenders, honde en bokke.

Augsburg het die meeste rosette huis toe gebring en die leerders het omtrent die skool se naam hoog gehou. Dankie aan elke ouer wat saam die kinders hul naweek afgestaan het om dié geleentheid by te woon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

3 + four =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?