Augsburg Landbougimnasium woeker op die sportvelde

Op Saterdag, 9 Maart, het Hoërskool Lutzville ’n sportdag aangebied waar verskillende skole teen Augsburg Landbougimnasium gespeel het. Die dag was ’n reuse sukses en die leerders het die geleentheid baie geniet.

Die skole wat deelgeneem het was onder meer Vredendal, Monumentpark, Vanrhynsdorp, Muizenberg, Stellenberg, Calvinia, Augsburg, Lutzville, Cederberg, Worcester Gimnasium, Vredendal Sekondêr, Clanwilliam Sekondêr en Nuwerus.

Die eerste rugbyspan van Augsburg het met 17-10 teen Monumentpark gewen. Die eerste netbalspan was egter nie so gelukkig om Hoërskool Vredendal oorrompel nie. Hulle het met 19-10 verloor.

Die o.16 A-netbal het met 30-6 teen Hoërskool Vredendal verloor, terwyl die o.16 B-netbal in die eindstryd teenoor Hoërskool Lutzville geseëvier het. Die o.14 A-netbal het ook in die liga gespeel en derde geëindig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

4 × four =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?