Augsburg Landbougimnasium se eksamens skop af

Dis eksamentyd vir die leerders aan die Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam. Hulle het op 4 Maart met die eksamen begin.

Die eerste paar weke van die nuwe skooljaar het verby gevlieg en leerders spandeer ure voor hul boeke om die afgelope paar maande se nuwe kennis te leer en sodoende die beste punte te behaal.

Onthou, al raak jy tam voor die boeke (en dalk ook moedeloos), die harde werk wat nou ingesit word werp aan die einde vrugte af. Met jou oog gerig op die visie vir toekoms, ploeg Augsburg Landbougimnasium elke dag om die belegging te maak in dit wat ons as volwasse in die arbeidsmark wil bereik.

Ons as gemeenskap en ouers bid vir elke leerder van Augsburg dat hulle gevul sal word met rustigheid in die eksamentyd. Mag elke leerder met selfvertroue die leer van sukses klim en weet dat die lang ure van leer wel die hoekstene van ‘n suksesvolle toekoms bepaal.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

fifteen − 4 =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?