Augsburg Landbougimnasium ondersteun Hoërskool Driehoek

Die jongste nuus is steeds dat drie leerders van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark dood is toe ’n betonblok van ’n oorhoofse oorgang tussen twee geboue ineengestort het.

Hoewel ondersoek aan die gang is, is die vermoede dat roes van die struktuur waarop die betonblok was, die oorsaak van die tragedie is. Berading word aan ouers, kinders en leerkragte gegee.

Skenkings kom van reg oor die wêreld aan na die skool toe. Augsburg Landbougimnasuim sowel as ander skole dra die skool in hul gebede. Ons vra dat elke skool en persoon ’n geel of pers lint sal dra vir die week.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

16 + twelve =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?