Groot opwinding oor pekanneut-verbouing

Die verbouing van pekanneute is deesdae op almal se lippe. Hier in Matzikama is dit nie so bekend soos wat dit in ander dele van Suid-Afrika is nie. Pekanneutbome floreer in dorpe soos Witrivier, Tzaneen, Louis Trichardt, Nelspruit, Magiebaskloof en in die Noord-Kaap op die walle van die Oranjerivier – suid van Kimberley.

Pekkaneute toon groot belofte vanweë sy uitvoerpotensiaal. Deeglike beplanning moet egter eers gedoen word voordat boere wil oorskakel na dié soort verbouing. Die nadeel wanneer boere oorskakel na pekanneut-verbouing is die lang tydperk met hoë uitgawes sonder enige inkomste. Die produsente moet dus nog bronne van ander inkomste hê. Sodra die bome groei, pluk die produsent letterlik die vrugte van die risiko wat geneem is.

Die pekanneutboom hou van koue winters en lang, baie warm somers om welig te kan groei. Die bome blom gewoonlik van Junie tot Augustus en gedurende die somermaande vereis die bome hoë temperature om vrugte te groei. Die bome groei ook op hul beste in vrugbare en goed gedreineerde diep grond met ’n los tot medium tekstuur. Dit is baie nadelig om die bome te veel water te gee. Water is egter baie noodsaaklik wanneer die bome begin neute vorm. Die spuit van sink is ook belangrik- veral vir blaarontwikkeling. By draende bome moet sink gespuit word wanneer die blaarbloeisels omtrent 50 millimeter lank is. Daar moet na verskeie faktore gekyk word wanneer daar besluit word op kultivars: kruisbestuiwing, skurfsiekte, sinktekorte, kouebestandheid en windskade.

Die verbouing van pekanneute verg dus deeglike beplanning en die produsent sal baie geduldig moet wees voordat hy of sy resultate begin sien. Lees meer oor pekaneutbome by www.sappa.za.org.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

five × one =

© 2019 MyCederberg. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?